Vakature: Musiekleier
- Midstream Familiekerk
- Jun 1, 2016
- 1 min read

Midstream Familiekerk beskik tans oor die volgende vakature:
Musiekleier
Gemeente Midstream Familiekerk het n deeltydse vakature vir n musiekleier. Die verantwoordelikhede van die musiekleier sluit die volgende in:
1. Koördineer die begeleiding van sang en musiek by eredienste en ander byeenkomste van die gemeente.
2. Stel n span saam wat die begeleiding behartig dmv n orrel, klavier en ander musiekinstrumente.
3. Brei die bestaande kantory uit om saam met die begeleidingspan die sang tydens eredienste en ander byeenkomste te lei.
4. Beplan die sang, musiek en liturgie van spesiale eredienste op kerklike feesdae onder leiding van die predikant (e) wat verantwoordelik is vir die betrokke eredienste.
5. Betrek jongmense en kinders by die musiekbediening in die gemeente.
6. Betrek van tyd tot tyd soliste by die sang en musiek tydens eredienste en ander byeenkomste.
7. Adviseer die kerkraad tov die instandhouding en aankoop van musiekinstrumente.
8. Bestuur die begroting tov musiekbediening in die gemeente
Van die musiekleier word verwag om ook as lidmaat in te skakel by die gemeente.
Die vergoeding is onderhandelbaar volgens die Kerk en SAKOV se riglyne sowel as die gemeente se begroting. Indien die musiekleier ook die funksie van orrelis vervul, sal die vergoeding dien ooreenkomstig aangepas word. Aansoeke in die vorm van n begeleidingsbrief en verkorte CV moet die skriba bereik voor of op 30 Junie 2016 by muldercw@mweb.co.za
Comments