top of page

SENIORS WEGBREEK 2016

 

Vanjaar gaan ons Badplaas toe! Dit gaan DV Saterdag 6 Augustus tot Dinsdag 9 Augustus wees. Ons bly in gerieflike 2-bed woonstelle met eie badkamers. Drie etes per dag en toegang tot die warmbron is ingesluit. Soos gewoonlik gaan ons weer baie lag, kuier, eet en oor die Bybel gesels. Ons gaan ook op ‘n wildrit en na besienswaardighede in die omgewing. Ons reis met ‘n gerieflike toerbus. Die prys van R1 600  per persoon sluit alles in. 

 

Bespreek nou by Ds Gerhard (082 374 8703) of  by Henry Botha (082 373 1486).

​

Almal wat saam gaan, kom help asb pannekoek bak op Saterdag 11 Junie sodat ons genoeg fondse kan hê om vir die toerbus te betaal. In die voorportaal is ’n naamlys vir die wat kan help. Kontakpersoon is Anna Jacobs (082 563 8198).

© 2015 MFK.

bottom of page