top of page

Boodskap van die bestuur 2016

 

Baie geluk en sterkte vir die jaar wat voorlê.

 

Elke vroue-lidmaat is deel van die Midstream Familiekerk se Vroue-In-Aksie.
Tydens byeenkomste hou ons n kort vergadering en daarna doen ons iets saam vir geestelike versterking of leer ons n nuwe vaardigheid aan. Gewoonlik eindig elke byeenkoms in n lekker kuier. elkeen is welkom om n inset te lewer. By ons is daar nie n regte of verkeerde manier van n ding doen nie. 

 

Ons glo God het aan elkeen van ons unieke gawes en talente gegee wat Hy wil he dat ons in Sy diens sal gebruik. Daarom is elkeen se bydrae en teenwoordigheid vir ons kosbaar en belangrik.
Soos jy kan sien in ons doelstellings reik ons uit en wil ons diensbaar wees. Die nood is groot. Daarom is dit belangrik dat jy sal betrokke raak.

 
Ons wil saam deel in mekaar se vreugdes en hartseer, ons wil mekaar ondersteun en help, saam lag en huil. Kom raak asseblief deel van die Vroue-In-Aksie. 

Doelstellings

 

  • Persoonlike geestelike groei van vroue lidmate: Luk 10: 39 "Sy het n suster gehad, Maria, wat aan die voete van Jesus gesit en na Sy woorde geluister het." 

  • Geestelike leiding in gesin en vir ander jongmense: 2 Tim 1:5 "Ek dink aan jou opregte geloof, dieselfde geloof wat in jou ouma en ma was." 

  • Persone in nood versorg: Hand 9: 36 "Daar was n gelowige vrou met die naam Dorkas. Sy was altyd besig om goed te doen en die armes te help."

  • Diensbaar in gemeente: Rom 16:1 "Ek beveel ons suster Febe wat dienaar is in die gemeente Kenchreë by julle aan. Sy was vir baie tot steun." 

  • Getuie vir Jesus Christus wees: Joh 20:17 "Jesus sê toe vir haar: Gaan na my broers toe en sê vir hulle: Ek vaar op na my Vader toe wat ook julle Vader is, na my God wat ook julle God is."

© 2015 MFK.

bottom of page