top of page
Lief en Leed

Christa en Wim van Rensburg se kinders Wian en Mandi is onderskeidelik as leiers in hulle skole aangewys.

​

Janu Venter  en Janco Schoeman is ingesluit in die span wat aan die Noord Gauteng stoei kampioenskappe deelneem.

​

Zani Cloete het deelgeneem aan die Noord Gauteng kampioenskappe vir ritmiese gimnastiek.

​

Aroma Theron het keuring gekry om volgende jaar medies aan die universiteit van Stellenbosch te gaan studeer.

​

Baie geluk aan julle elkeen! Ons is baie trots op julle!

​

Hettie Pienaar is opgeneem in die Midstream Clinic. Daar word tans toetse gedoen om te bepaal wat fout is.

​

Ella Towsen se swaer is skielik oorlede na 'n hartaanval. Ons dink aan haar en haar gesin.

​

Jacob Breytenbach is steeds in die hospitaal, nadat hy die naweek geval het en sy been gebreek het. Ons dink veral aan Nell ook.

 

Hilgardt Cloete het Vrydag 'n beroerte in sy breinstam gehad. Hy is op 'n ventilator in Milpark hospitaal. Bid asb vir hom en sy vrou Michelle en hulle dogter Zani. 

​

Erco Janse van Rensburg (15) het sy linkeroog verloor in ‘n hiëna-aanval einde Junie, maar hy het reeds so merkwaardig herstel dat hy nou in ‘n algemene hospitaalsaal versorg word.  Die res van sy wonde genees baie goed.  Ons is saam met sy familie dankbaar vir die Here se wonderlike genade. 

​

Ons dra u elkeen op in ons gebede en bid dat God Sy hand oor u elkeen sal hou in hierdie tyd. Jakobus 5 vers 14: "As iemand siek is moet hy die ouderlinge van die gemeente laat kom en hulle moet vir hom bid."

​

Daan en Leonie Visagie se seun Marco, en broer van Marlize Tukker kry steeds behandeling vir kanker wat versprei het. Hy verduur geweldige pyn. Ons bid vir Marco en hulle hele familie vir God se krag en bystand.

​

Ina Jansen van Vuuren het ‘n kwaadaardige gewas aan haar bors laat verwyder. Die dokter het ook ‘n klier verwyder.  Die uitslae van laasgenoemde is nog nie beskikbaar nie.  Ons bid Ina en haar man Pieta God se krag en liefde toe, veral ook nog nadat hulle seun en sy gesin onlangs verhuis het Australië toe.

​

Bettie van Wyk is weer oorgeplaas na die Zuid Afrikaanse

hospitaal.

​

Gerhard  Prinsloo het sy hand ernstig beseer in ‘n motorongeluk.  Hy is in die Eugene Marais hospitaal.

​

Enige iemand wat weet van, of ‘n behoefte het aan voorbidding, besoek of ondersteuning, of in ‘n hospitaal opgeneem moet word, laat weet asb vir

Ds Gerhard (082 374 8703) of  Ds Leon (082 936 9015)               

© 2015 MFK.

bottom of page