top of page

Kategese is rigtinggewing vir Christelike lewe. Die kategeet wys vir die katkisant die rigting aan en stap saam met hom die Bybelse pad in die doolhof van verwarring wat die lewe vandag bedreig.

 

Kategese moet gerig word op bewuste deelname aan die lewe van die Christelike gemeente. Alle kategese, ook onder die kinders, is ten diepste belydenis-kategese wat heenlei na daardie moment waarop God se Naam in die midde van die gemeente bely word. Ook voortgesette kategese moet nou met die gemeente verbonde wees.

 

Midstream Familiekerk wil elke kind laat deel aan die gemeente se gemeenskaplike gerigtheid. Daarom wil ons seker maak dat elke kind prakties ervaar dat hulle deel is van die kerk se werksaamhede.

 

Vir meer inligting rakende die Jeugwerkers en vir hulle kontakbesonderhede, klik op die “Word”-leêr hieronder.

© 2015 MFK.

bottom of page